Die kampeerterrein het 12 staanplekke van 8 x 10 meter groot, waarvan slegs 8 woonwaens kan akkomodeer en die res geskik is vir tente. Die terrein is in vier gedeel met 4 sentrale kragkaste, 16 punte waarvan krag getrek kan word… (U moet verlengingskoorde saambring)

Van die bestaande wasgeriewe vir die melkery is omskep in ablusie geriewe om dit eg plaas te hou. Drinkwater moet nog by die reënwatertenks gehaal word.

Die Plaaskombuis is toegerus met tafels, stoele, opwasbak, mikrogolf-oond, elektriese ketel en ‘n braaiplek. Beperkte yskas en vriesgeriewe is ook beskikbaar.

Die volgende kindervermaak word ook aangebied op spesifieke tye van die dag, nl:  kaskar, bootjie-roei, visvang en kinders kan ook help om die diere kos te gee.

Alhoewel die kampeerterrein baie na aan die see is, het dit nie ‘n see-uitsig nie, maar die Outeniqua berge lê voor u uitgestrek. Van tyd tot tyd kom die stoomtrein by die kampeerterrein verby gestoom. Soggens word U wakker van al die plaasgeluide.